Carpe Diem Media het in 1996 in n klein stoorkamertjie in Vereeniging begin. Die droom is gebore om n nuwe uitgewery te begin wat boeke publiseer wat mense se lewens en geloof sal verryk.
Die skakering van vrouwees deur Elise Grey was die eerste boek wat die uitgewer, Coenie Schoeman, in Oktober 1996 gepubliseer het. Die tydskrif, Finesse, het in Mei 1998 die lig gesien en dit is vandag een van die topdrie vrouetydskrifte in die land. Vandag gaan die uitgewery van krag tot krag, omdat ons op datum bly met wat die mark verwag. Ons dink nuut en ons media inspireer mense se liggaam, siel en gees.
Carpe Diem Media het oor die jare heelwat topverkoperboeke gepubliseer. Nie net bly Isak Burger se boeke oor die dood in aanvraag nie, daar is ook 'n groot liefde vir nuwe skrywers, soos Lynette Beer en Wouter Snyman se boeke. Gretha Wiid se seksopvoeding-boekies en Aletté Winckler se Trek aan met selfvertoue, is almal boeke wat grense verskuif en lewens verander. Nuwe boeke soos Hoe om te wen in besigheid wat deur 45 entrepreneurs saamgestel is en Wanneer die kerk verdwaal ... deur 40 geestelike bekendes is ook hoog op inkopielyste. Die nuwe tydskrifboeke, 'n Nuwe jy, Vroue wat Glo, Oulike Ma en Gelukkig Getroud gee jou best of both worlds, wat jou nie net goeie leesstof bied nie, maar jy raak ook meegevoer in die pragtige, skoon uitleg van die boek.
Finesse Voelgoed Tydskrif
Finesse Voelgoed Tydskrif is n tydskrif vir die moderne vrou en gee om vir wie sy is en nie net hoe sy lyk nie. Vir die Finesse vrou is haar mense, haar lyf, haar gees, haar sukses en haar huis, ewe belangrik. Sy glo daarin om die beste te wees wat sy kan wees.
www.voelgoed.co.za
Hiér laat ons goed lyk, goed leef, goed voel en goed doen, maklik lyk. Met daaglikse nuwe stories, videos, celeb tips, raad van kenners en inspirasie, is hierdie dié aanlyn kuierplek vir vroue.
www.voelgoedwinkel.co.za
Jou aanlyn-boekwinkel vir vars nuus oor skrywers, nuwe publikasies en amptelike boekbekendstellings.
Demié Brender á Brandis
redaksie@finessemag.co.za
016 018 0105 x 231
subs@finessemag.co.za
016 018 0245
Bianca Marais
bianca@finessemag.co.za
084 491 0997
Hanneke van Coller
hanneke@carpediem.co.za
016 018 0105 x 206
Chanté Schoeman
chante@finessemag.co.za
016 018 0105 x 212
Chané Jonker
chane@carpediem.co.za
016 018 0105 x 219
Chané Jonker
chane@carpediem.co.za
016 018 0105 x 219
Megan van Staden
navrae@voelgoedboeke.co.za
016 018 0105 x 219
Hoofkantoor: Hendrik van Eck blvd 123
Vanderbijlpark
016 982 3617